Universitas Property | Bloemfontein Universitas for sale | Ref: 2907942 |
|
|
Times Viewed: 94 (Since listed or for the current month) |
| ||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||
Universitas en Parkwes is gewilde woonbuurtes in Bloemfontein, die hoofstad van die Vrystaat.
Hierdie woonbuurtes is baie sentraal geleë naby skole soos Grey Kollege, Eunice, Universitas Primêre Skool, Jim Fouche Hoër- en Laerskool, asook tersiêre instellings soos die Universiteit van die Vrystaat en Die Sentrale Universiteit van Tegnologie.
Verskeie sportsentrums is ook naby, soos bv die Vrystaatstadion, die Krieketstadion en die Stadionswembad.

Universitas is maklik toeganklik vanaf die N1, maar kan ook maklik bereik word vanaf Bloemfontein se sentrale besigheidsentrums.
Die hoofingang vanaf Kimberley eindig in Parkwes, ‘n woonbuurt waarvan sommige eiendomme reeds besigheidsregte het.
Die tipe eiendom wat in Universitas voorkom, is oor die algemeen ouer huise wat in die 70’s gebou is. Hierdie huise is baie ruim op reuse erwe, tot en met 2000 m2 . Die ouer huise is goed onderhou, en baie is opgegradeer om in modern smaak te val. Onlangse tendense was om die groter erwe onder te verdeel en daarvandaan die groot hoeveelheid deeltitel eiendom in die area. Die huise wat op die deeltitel erwe gebou word, is nuut en modern en baie gewild onder jonger mense.
Die populasie in Universitas is ongelooflik divers. Die dele naby die universiteit (soos Groenewoudstraat) is baie gewild by beleggers. Hulle omskep hierdie huise deur die bank in studentehuise. Die omgewing tussen Besselsenstraat en Scholtzstraat is weer bekend vir sy ruim duur huise ( tot en met R1,8 miljoen ), wat veral gewild is onder akademici werksaam by die universiteit.
Die soom van Universitas ( Ryno Kriellaan, Haldonweg, Stevenstr met Pres Paul Krugerlaan as ander grens) se koopprys is tussen R900000 en R1,3miljoen. Dit is meestal gesinswonings.
Die area binne Pres Paul Krugerlaan is ouer groot huise en verkoop tot R1,5 miljoen. Die area is gewild omdat dit naby Universitas Primêre Skool is en die kinders geen hoofweg hoef oor te steek oppad huis toe nie.
Daar is ook verskeie aftreeoorde in die area wat baie gesog is.
Daar is dus nie net ‘n spesifieke ouderdomsgroep wat in hierdie woonbuurt belangstel nie, want daar is ‘n opsie vir almal.
![]() |
![]() |
