Langenhovenpark Property | Bloemfontein Langenhovenpark for sale | Ref: 2903648 |
|
|
Times Viewed: 88 (Since listed or for the current month) |
| ||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||
Langenhoven Park Eindomme 2012
Groot skaalse ontwikkeling van meethuiskomplekse het Langenhovenpark laatuitstaan as ‘n beleggers droom.
Die verhouding deeltitel skemas teenoor voltitel wooneenhede in Langenhovenpark is 2105 eenhede (77%) teenoor 627 (23%).
Die gemiddelde waarde van Langenhovenpark meenthuise wat verkoop is die afgelope 2 jaar, beloop ongeveer R750 000, teenoor R1 150 000 vir voltitel wooneenhede in dieselfde tydperk.
Die predominante prysgleuf vir meenthuise is tussen R600 000 en R1 000 000 en dié vir Langenhovenpark huise tussen R1 000 000 en R1 500 000.
Meer as 200 meenthuise en meer as 65 huise is die afgelope jaar hier verkoop.
Die woonbuurt Langenhovenpark het ontstaan op die plaas Langenhovenpark 2924. Sedert dien het Langenhovenpark ontwikkel tot ‘n dinamiese woonbuurt wat die afgelope tyd ‘n geweldige opswaai in die ontwikkeling van meenthuis komplekse gehad het.
![]() |
![]() |
Langenhovenpark word gekenmerk deur die unieke bewarea, koppies so eie aan die buurt self, met die bekendste inwoners die tarentale wat veral in dié gebiede te bespeur is.
![]() |
![]() |
Om die groen tema bietjie verder te voer, bied Langenhovenpark ook landwye bekende kwekerye soos die Pretty Gardens Leefstyl Sentrum, en Roses4U in die Spitskop omgewig. www.prettygardenscentre.co.za
Ander aktiwiteite eie aan Langenhovenpark is die weeklikse Boeremark, wat elke Saterdag duisende besoekers lok, en bydra tot die plattelandse atmosfeer wat eens die omgewing gekenmerk het.
Daar is drie groot winkel sentrums met bekende kettingwinkels, insluitend Pick n Pay, Spar en Checkers asook ‘n verskeidenheid kwaliteit gesins-vriendelike restaurante.
Vir die buitelug liefhebbers is daar ‘n menigte aktiwiteite soos perdry en vierwiel fiets bane op die omliggende kleinhoewes.
Langenhovenpark is ideaal geleë vir voornemende en huidige studente omdat dit baie nabyaan die Universiteit van die Vrystaat (UV) geleë is, en toegang baie maklik na beide die ingange uit Nelson Mandela rylaan en Wynand Mouton rylaan is.
Die woonbuurt het ook maklike toegang na hoof roetes soos die N1, die R68 en N8 na Kimberley, asook Nelson Mandela rylaanna die Sentrale besigheids gebied.
Aangrensende woonbuurte sluit in Universitas en Universitas - Rif en word omring met kleinhoewes Spitskop, Bainsvlei en Groenvlei wat nog herinner aan die eertydse plattelandse atmosfeer wat so tipies aan die area was.
Nabygeleë top skolesluit in:
Kom deel in die gevoel van die platteland, maar met die gerief van die nabyheid van die stad! Langenhovenpark is die antwoord vir studente, jong gesinne as ook die gene wat die beste van beide wêrelde koester!
