Bayswater Property | Bloemfontein Bayswater for sale | Ref: 2624589 |
|
|
Times Viewed: 112 (Since listed or for the current month) |
| ||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||
Bayswater is ‘n rustige en boomryke woonbuurt in die gewilde noordelike voorstede van Bloemfontein. Dit is goedgeleë en maklik bereikbaar vanaf die N1 verbypad tussen Johannesburg en Kaapstad. Bayswater is ‘n groot woonbuurt wat basies uit drie dele bestaan. Daar is die boonste gedeelte – aan die bokant van Eeufeesweg – waar eiendomme gewoonlik wissel tussen R1000 000 en R2000 000. Dan is daar die middelste gedeelte aan die onderkant van Eeufeesweg waar eiendomme wissel tussen R800 000 en R1.4 miljoen. Laastens is daar die heel onderste deel waar eiendomme wissel in die prysklas tussen R650 000 en R1000 000. Verder is daarook die Bays Village sentrum met verskeie winkels en ‘n motorhawe wat in die voorstad gevind word. Daar is ook twee aftreeoorde in Bayswater, naamlik Noorderbloem en Baysvillage wat verblyf van hoog staande gehalte bied aan bejaarde persone. Daar is verskeie goeie skole in die area van Bloemfontein geleë soos die Laerskool en Hoërskool Bloemfontein. Verder is die Brebner Primêre en Sekondêre skole ook naby aan Bayswater. Bayswater grens aan top woonbuurte soos Baysvalley, Helicon Hoogte, Pentagonpark, Dan Pienaar en Waverley en is maar net 3 - 4 km vanaf die stadgeleë. Die woonbuurt van Bayswater bied goeie bekostigbare eiendomme in ‘n baie goeie deel van Bloemfontein aan voornemende kopers. Vir alle eiendoms behoeftes en enige verdere inligting kontak gerus ons Chas Everitt kantoor in Bloemfontein by 087 1500 505 of besoek ons Bloemfontein Chas Everitt webwerf by www.everitt-bloemfontein.co.za |
|
