Press Release - 31 July 2008

Chas Everitt span saam vir doeltreffende eiendomsbestuur

Die Chas Everitt International-eiendomsgroep is as die uitsluitlike platina-verskaffer deur die ‘Association of Residential Communities’ (ARC) aangestel.

Die vereniging verleen hulp aan huiseienaarsverenigings en regsliggame om woonlandgoedere en deeltitelkomplekse meer doeltreffend te bestuur.

“Die ARC vervul ‘n nuttige rol en ons is baie trots daarop om die eiendomsvennoot te wees,” sê Chas Everitt se uitvoerende hoof van konsessies, Barry Davies. “Daar is honderde landgoedere en deeltitelkomplekse in SA en dit huisves duisende mense. Meer as R3,5-miljard se heffings word jaarliks ingevorder maar die meeste komplekse word deur vrywilligers bestuur.

“Die ARC gaan opleiding, oordrag van kennis en voorligting in beste-praktyk prosedures aan die direksies van huiseienaarsverenigings en die trustees van regsliggame bied om hulle sodoende te help om inwoners se eiendom te beskerm en die waarde daarvan te verhoog. Die algehele eiendomswaarde van dié soort behuising word tans op sowat R480-miljard geraam.”

ARC se president, Jeff Gilmour, sê meer as 80% van die uitdagings en kwessies waarvoor landgoedere en woonkomplekse te staan kom is dieselfde – maar dat direksies en trustees dikwels probeer om die wiel van vooraf te ontwerp. En dit neem tyd in beslag en kos gewoonlik veel meer as wat regtig nodig is.

“Wat die ARC dus gedoen het is om ‘n span kundiges bymekaar te kry wat al die nodige dissiplines verteenwoordig en wat enige huiseienaarsvereniging kan bystaan om vinnige en ingeligde besluite te neem.”

Dave Goddard, uitvoerende hoof van die ARC, sê die vereniging het in samewerking met sy span kundiges opleidingsprogramme en werkswinkels ontwikkel om direkteurs, trustees en voltydse bestuurders te help om hulle kennis en vaardighede in alle aspekte van administrasie te slyp.

Sodra ‘n landgoed of kompleks by die ARC aansluit, verduidelik hy, ontvang dit ‘n “oudit-stelsel” vir die bestuur van onderhouds- en beplanningsprosedures, sowel as al die nodige inligting, hulpbronne en opleidingsprogramme om direksies en trustees te help om ‘n beter diens te bied.

“Die ARC haal ook die risiko uit die aanstelling van die regte diensverskaffers en het ‘n projekafdeling om groot projekte te hanteer en gehalteversekering te bied. Dié afdeling hanteer oor die oorhandiging van die projek van die ontwikkelaar aan die huiseienaarsvereniging en maak seker dat die proses so glad moontlik verloop. Miljoene rande kan bespaar word indien die proses professioneel bestuur word.”

Die ARC beplan om die hele eiendomsbestuursbedryf ‘n hupstoot te gee deur die jongste nuus, neigings, wetgewing en ander sake wat huiseienaarsverenigings en regsliggame raak, in die vorm van ‘n maandelikse nuusbrief te publiseer. Belangstellendes kan op die nuusbrief inteken of meer inligting oor die ARC bekom by www.hoasupport.co.za of 0861 462 463.

 

Uitgereik deur Chas Everitt International

Vir nadere inligting:

Barry Davies

011 801 2500 of besoek

www.chaseveritt.com

 

Distributed by/ versprei deur
The Mega/ Press Network
Pse direct any enquiries to
012-333-6644,
073-946-9649 or
megw@telkomsa.net