In die heersende mark probeer die meeste huisverkopers steeds om enige koopaanbod wat hulle prys naastenby ewenaar, te lok – maar hulle moet nie uit die oog verloor dat talle ander kwessies suksesvol afgehandel moet word om ‘n geslaagde transaksie te beklink
Dit is die raad van Berry Everitt, uitvoerende hoof van die Chas Everitt International-eiendomsgroep. “Faktore soos die deposito, waardasie, finansiering, inspeksies (en wie daarvoor gaan betaal), toe- en bybehore, en die datum van besetting is belangrike oorwegings wat nie uit die oog verloor moet word nie.
“Die bestettingsdatum kan byvoorbeeld gou onenigheid veroorsaak tensy dit reg van die begin af bepaal word. Indien die verkoper die eiendom vir ‘n tyd lank wil bewoon nadat die oordrag plaasgevind het, moet dit in ag geneem word. En indien die koper wil intrek voordat die oordrag afgehandel is, moet verblyfhuur vooraf onderhandel word en in die koopkontrak omskryf word.”
Hy skryf in die nuusbrief, Property Signposts, dat bankwaardasies en inspeksies vir elektrisitietsertifikate ook geld kos. “Die vraag is, wie betaal daarvoor? Die koper wat vir ‘n huislening aansoek doen, betaal gewoonlik vir die waardasie wat deur die bank gedoen word – maar wat gebeur as dit ‘n kontanttransaksie is? Die verkoper mag dit ook oorweeg om die inspeksie van die elektriese bedrading af te handel voordat hy die eiendom begin bemark.”
Toerusting en bybehore kan ook onenigheid veroorsaak, sê Everitt, en dit moet duidelik in die koopooreenkoms uitgestippel word watter toebehore die verkoper gaan verwyder en watter nie.
“Die waarheid is dat kopers sowel as verkopers soveel moontlik uit die transaksie wil wen – en dat wanneer die spanning tydens onderhandelings oploop, kan selfs kleinlike meningsverskille die hele transaksie laat skipbreuk ly.
“Dit toon weer hoe belangrik dit is om ‘n ervare eiendomsagent as ‘n derde-party onderhandelaar te betrek. Hy of sy kan vraagstukke kalm en sonder vooroordeel uitstryk, seker maak dat albei partye die voorwaardes van die koopooreenkoms begryp, en help om die transaksie sonder te veel kinkels deur te hak.”
Uitgereik deur Chas Everitt International
Vir nadere inligting:
Berry Everitt
011 801 2500 of besoek