Hoewel die pas van verkope in die eiendomsmark die afgelope paar jaar verstadig het, het veranderings in die sektor die pas volgehou en eiendomsagente moet deurlopend hul kennis opknap en innoveer as hulle sukses wil behaal.
“Ons kom deurlopend voor nuwe tegnologie, wetgewing en verbruikersvereistes te staan,” sê Berry Everitt, besturende direkteur van die Chas Everitt International-eiendomsgroep, “en as ‘n groep volhard ons met belegging in die ontluiking en ontwikkeling van ons mense om dié uitdagings die hoof te bied.
“Ons glo ons kliënte verdien professionele diens van die hoogste standaard en ons weet ons agente kan dit net lewer indien hulle met die jongste kennis, begrip en vaardighede deur die beste leermeesters en opleiers toegerus word.”
Dit is die rede, sê hy, waarom Chas Everitt International die dienste van die wêreldbekende opleier in die bedryf, Ed Hatch, bekom het om ‘n nuwe, doelgerigte kursus eksklusief aan die groep se agente te bied. Hatch kom later vanjaar na Suid-Afrika.
Hatch is president van Ed Hatch Seminars en het wêreldwyd erkenning verwerf as een van die beste opleiers in die bedryf. Hy het sedert 1990 eiendomsagente by meer as 100 byeenkomste per jaar toegespreek. In Amerika was hy ‘n spreker by die afgelope 17 jaarlikse konvensies van die Amerikaanse National Association of Realtors asook by 10 “Sell-a-brations” van die Amerikaanse Certified Residential Specialists. Hy het ook sy kennis en kundigheid met agente in Brasilië, Kanada, Maleisië, Nieu-Seeland, Singapoer, Swede en die Verenigde Konigkryk, sowel as Suid-Afrika, gedeel.
Chas Everitt se hoof van opleiding, Rod Williams, sê: “Ed se nuwe twee-dag kursus, ‘The Cutting Edge of Success’, sal tydens sy volgende besoek aan SA uitsluitlik aan Chas Everitt-agente in Johannesburg sowel as Kaapstad aangebied word en hy sal die jongste strategie, tegnieke en tegnologie uit Amerika, die wêreld se mees gesofistikeerde eiendomsmark, bespreek.
“Die kursus is ontwerp om agente te motiveer en hul vaardighede te slyp in afwagting van die herstel van die wêreldekonomie en gaan fokus op die veranderende mark, veranderende verbruikersbehoeftes en nuwe kooppatrone, asook maniere om aan dié behoeftes op ‘n professionele manier en in konsultasie met kliënte te voldoen – en dit gaan by ons vooraanstaande toekennings- en erkenningsprogram ingesluit word.”
Hy sê Hatch sal tydens sy besoek aan Suid-Afrika ook twee intensiewe halfdag werkswinkels uitsluitlik vir Chas Everitt-konsessiehouers en hul bestuurders aanbied in ooreenstemming met die groep se verbintenis om deurlopende ontwikkelingsgeleenthede vir die bestuurspanne wat agente ondersteun, aan te bied.
“Eiendom is uiteraard ‘n baie persoonlike en verwantskapgedrewe onderneming en eiendomsverbruikers gaan ongetwyfeld voortaan steeds sterk op agente se kennis, vaardighede en integriteit steun om goeie eiendomsbesluite te neem. Maar net agente wat regtig kundige raad kan verskaf gaan waarskynlik in die bedryf oorleef en ons glo dat hulle kanse vergroot indien hulle deel is van ‘n groep soos Chas Everitt wat tot deurlopende opleiding van die hoogste gehalte verbind is.”
ISSUED BY CHAS EVERITT INTERNATIONAL
FOR FURTHER INFORMATION CALL
BERRY EVERITT ON
011-801-2500 OR VISIT
www.chaseveritt.com