Huiseienaars benodig nou meer as ooit tevore professionele hulp wanneer hulle hul eiendom wil verkoop.
Kortom, sê Berry Everitt, uitvoerende hoof van die Chas Everitt International-eiendomsgroep, hulle benodig agente wat werklik weet hoe om voornemende kopers te bereik, hoe om die jongste markinligting maklik te bekom en hoe om moeilike onderhandeliungs gemaklik te hanteer en terselfdertyd uitstekende bande met finansiële instansies te handhaaf.
Die eerste ding waarop jy dus bedag moet wees wanneer jy n agent kies om jou huis te bemark, is om iemand aan te stel wat voltyds in die bedryf werk. Dit is byvoorbeeld moeilik vir n agent om jou goeie raad oor n prys vir jou eiendom te gee as hy of sy nie daagliks in die bedryf staan en tred hou met verkope in die gebied nie.
Hy skryf in die nuusbrief, Property Signposts, dat ander eienskappe wat n top agent kenmerk die volgende insluit:
- Passie, geesdrif en toewyding. Almal wil graag n agent aanstel wat selfs onder moeilike omstandighede uit sy pad sal gaan om die beste resultate te behaal.
- Bemarkingskundigheid. Kennis is noodsaaklik om kopers te lok en deurlopend transaksies in n gegewe buurt te beklink en dit sluit jou eiendom in.
- Kreatiwiteit. Jou agent moet koopaanbiedinge kan skryf wat die koper sal inspireer en lateraal kan dink om oplossings te vind wanneer onderhandelinge n dooiepunt bereik.
- Sensitiwiteit en empatie. Strenger leningskriteria is een van die grootste kopsere in die heersende mark. n Goeie agent weet hoe om die kopers die regte vrae oor geldsake te vra sonder om aanstoot te gee en sal beter maniere om die koop aantreklik te maak kan voorstel.
- Tegnologiese kundigheid. Die meeste huistransaksies begin deesdae op die internet. Boonop word al hoe meer mense nou gewoond daaraan om inligting te bekom sodra dit beskikbaar is. Jy wil nie n moontlike koper verloor net omdat jou agent getalm het om jou eiendom te lys nie.
- Spanwerk. n Goeie agent sal minstens een bekwame assistant hê en n sterk netwerk van ander professionele mense en diensverskaffers soos verbandkonsultante, versekeringsmakelaars, huisinspekteurs en nutsmanne wat jou in die transaksie kan bystaan.
Issued by Chas Everitt International
For further information call
Berry Everitt on 011 801 2500
or visit www.chaseveritt.com