Vraag na huureiendom in die gevestigde en aantreklike Kaapstadse voorstad Pinelands het die afgelope paar maande sterk toegeneem.
Dit is die nuus van Karen Geyer, hoofagent van die plaaslike Chas Everitt International-kantoor. Sy sê daar is op die oomblik nie genoeg huurvoorraad om aan die vraag te voldoen nie. Die meeste navrae kom van mense wat daarin belangstel om eiendom in die voorstad te koop maar eers wil huur en van mense wat wag tot rentekoerse daal voordat hulle eiendom koop.
Gevolglik haal woonstelle met twee slaapkamers huurgeld van tot R3 700 per maand terwyl vrypaghuise teen tot R12 000 per maand verhuur word.
Geyer sê gemiddelde huurgeld is steeds meer bekostigbaar as verbandbetalings op soortgelyke eiendom. Die gemiddelde prys vir ‘n woonstel in Pinelands is nou sowat R700 000 en vir ‘n huis sowat R1,7m – en boonop sal die meeste kopers ‘n deposito van tussen 10 en 20 persent moet bied indien hulle sou koop.
“In ruil vir hulle huurgeld kry jong paartjies en klein gesinne wat in Pinelands huur boonop toegang tot skole, winkels en sport- en ontspanningsgeriewe van hoë gehalte. Die voorstad het ook ‘n rustige atmosfeer ondanks die nabyheid van die N2 en Kaapstad se middestad.
“Die enigste probleem vir huurders is dat daar op die oomblik min voorraad is om uit te kies. Daar is egter goeie nuus vir huisbase – naamlik dat grond vir nuwe ontwikkelings ook dun gesaai is en huurgeld vir bestaande eiendom dus waarskynlik deurlopend gaan styg.”
Die gebrek aan ontwikkelingsgrond gaan waarskynlik ook eiendomspryse stut. “Die feit dat Pinelands by uitstek geskik is vir gesinne sal waarskynlik daartoe lei dat pryse in dié voorstad van die eerstes gaan wees om beduidend te styg sodra die mark draai,” sê sy.
UITGEREIK DEUR CHAS EVERITT
VIR NADERE INLIGTING:
KAREN GEYER
021 531 6960 OF BESOEK