Die Chas Everitt International-eiendomsgroep het nou 'n kantoor in Bloemfontein - een van die plekke waarvan die eiendomsmark die vinnigste groei in die land toon -geopen.
Die konsessie in die Vrystaatse hoofstad is onlangs deur die plaaslike BCF Groep, wat verbruikers in Bloemfontein reeds 15 jaar lank bedien, bekom. Die gediversifiseerde maatskappye in die groep sluit in BFC Mikro Finansiering, BFC Sellulêr, BFC Finansiële Dienste, BFC IT Oplossings, BFC Eiendomme (eiendomsbestuur en verhurings), Blue Line Kantoortoerusting en die plaaslike Mama's Chicken kitskosrestourant.
Chas Everitt International Bloemfontein sal deur Willie Coetzer bestuur word. Hy het wye sake- en eiendomservaring in die stad verwerf en is optimisties oor die stad se eiendomsvooruitsigte.
"Die mark hier gedy en toon reeds die afgelope drie maande positiewe groei, hoofsaaklik te danke aan die toenemende besef dat die stad baie gerieflik geleë is," sê hy.
"Bloemfontein is sentraal geleë, naby aan ander groot stede danksy lugvervoer, en op 'n kruispad wat na vyf ander provinsies sowel as Lesotho lei. Dit bedien 'n groot geografiese gebied en bied goeie skole, tersiêre opleiding, hospitale en mediese geriewe, aftreeplekke en kleinhandelsgeriewe. Gekoppel aan 'n vriendelike en ontspanne leefstyl lok dit sakelui en gesinne uit ander stede."
Die stad se noordelike voorstede, soos Dan Pienaar, Pentagon Park en Heuwelsig, sowel as westelike voorstede soos Universitas en Langenhovenpark, is gewilde woonplekke, sê Coetzer, en die nuwe Woodlands Hills Wildlife-landgoed, wat ook aftreeplekke en 'n mediese sentrum bied, is ook in aanvraag.
"Kopers konsentreer nou op eiendom vir eie gebruik en dit dra by tot tekorte aan huureiendom in die stad. Dit skep geleenthede vir ontwikkelaars. Handelseiendomme is ook skaars en duur."
Chas Everitt International se direkteur van konsessies, Barry Davies, sê die kantoor in Bloemfontein is gereed om al dié geleenthede te benut danksy BCF se gesonde sakegrondslag in die stad en Coetzer se ervaring, en dat hy vol vertroue is dat die nuwe kantoor 'n blink toekoms het.
Uitgereik deur Chas Everitt International
Vir nadere besonderhede:
Barry Davies
011 801 2500 of besoek
www.chaseveritt.com