Huiskopers is gewoonlik bereid om ‘n premie te betaal op ‘n huis met ‘n mooi uitsig, soos ‘n huis teen ‘n berghang of ‘n woonstel wat oor die see uitkyk.
Maar hoewel waarde voeg ‘n mooi uitsig tot ‘n eiendom by? “In ‘n gebied waar die meeste eiendomme mooi uitsigte het sal jy waarskynlik ‘n kleiner premie betaal as in ‘n gebied waar ‘n uitsig uitsonderlik is,” sê Berry Everitt, uitvoerende hoof van die Chas Everitt International-eiendomsgroep.
“Aan die ander kant sal kopers gewoonlik ‘n hoër premie betaal vir ‘n uitsig wat glad nie deur ander huise, kragdrade of bome versper word nie.”
Hy wys egter daarop dat selfs kopers wat bereid is om ekstra vir ‘n uitsig te betaal nie gaan byt aan sulke eiendomme as dit nie in ‘n goeie toestand is nie of nie geriewe soos ‘n tweede badkamer of veilige motorhuis by die prys insluit nie.
Hy skryf in die nuusbrief, Property Signposts, dat ‘n kleinerige huis in ‘n swak toestand, maar met ‘n pragtige uitsig, byvoorbeeld nie veel aftrek gaan kry nie, selfs onder kopers wat graag ‘n mooi uitsig wil hê, aangesien die meeste van hulle nie bereid sal wees om nog meer geld aan verbeterings of aanbouings te bestee nie.
“Die profiel van plaaslike kopers sal ook die waarde beïnvloed. Indien die meeste kopers in die gebied op soek is na gesinshuise maar alle huise met ‘n uitsig moeilik toeganklik is of geen tuine het nie kan dit inderwaarheid moeilik wees om sulke eiendom te verkoop, en dan sal daar natuurlik nie sprake wees van ‘n hoër premie nie.
“En geen uitsig gaan vergoed vir ‘n verwaarloosde buurt wat gevaar loop om te verval nie. Dit mag inderdaad ‘n hindernis wees aangesien die huis met ‘n uitsig waarvoor jy self ‘n premie betaal het moeiliker gaan verkoop as ander eiendom indien pryse in die buurt begin daal.”
Uitgereik deur Chas Everitt International
Vir nadere inligting:
Berry Everitt
011 801 2500 of besoek
www.chaseveritt.com