Blyplek wat ten volle afbetaal is, is n belangrike element as jy n sorgvrye aftrede beplan - maar dis nie n goeie idee om n spesifieke eiendom lank voor die tyd vir dié doel te koop nie.
Dit is die raad van Berry Everitt, besturende direkteur van die Chas Everitt International-eiendomsgroep, wat sê: Omstandighede kan jou aftreeplanne vinnig laat verander. Jou vereistes of gesondheid kan verander en woonbuurte kan ook binne net n paar jaar dramaties verander.
n Woonstel of troshuis aan die kus wat nou na n rustige en aangename aftreeplek lyk kan byvoorbeeld vinnig n gedaanteverwisseling ondergaan indien die area skielik n gewilde toeristebestemming word en luidrugtige vreemdelinge elke vakansie op die plek toesak.
Aan die ander kant kan binnelanders wat beplan om aan die kus af te tree met aftrede besef dat hulle eerder sou verkies om naby hul families en jarelange vriende te woon omdat dit moeilik kan wees om na aftrede n nuwe vriendekring op te bou.
Hy skryf in die nuusbrief, Property Signposts, dat baie mense in die korporatiewe sektor teen aftree-ouderdom nog uitstekende gesondheid geniet en verkies om aan te hou werk of om n eie onderneming op die been te bring en dat dit baie makliker is om dit in n bekende omgewing te vermag.
As jy boonop te vroeg en te ver weg koop kan jy in die tussentyd ook met die probleme van n afwesige huisbaas opgeskeep sit. Dit is altyd moeilik om seker te maak dat n eiendom wat ver van jou huidige woonplek is, goed onderhou word, selfs al is jy gelukkig genoeg om n betroubvare verhuringsagent en n uitstekende huurder te hê.
Everitt beveel dus aan dat n mens eerder gepasde beleggingseiendom in jou onmiddelike omgewing as deel van jou eiendomsportefeulje vir aftrede te koop omdat dit makliker is om eiendomswaardes in jou onmiddelike omgewing te monitor en vinnig op enige negatiewe veranderinge te reageer.
Wanneer jy dan die dag wel aftree het jy dus n keuse om in een van jou beleggingseiendomme te gaan woon of een of meer daarvan te verkoop om die koop van die perfekte aftree-eiendom te befonds.
ISSUED BY CHAS EVERITT INTERNATIONAL
FOR FURTHER INFORMATION CALL
BERRY EVERITT ON
011-801-2500 OR VISIT
www.chaseveritt.com