Press Release - 24 July 2009

Die Chas Everitt International-franchise wat onlangs in Pretoria-Oos geopen het, brei nou uit na Akasia om die metro se noordelike voorstede te bedien.

Dit is die nuus van die franchise se mede-eienaar Christo Steyn, wat sê markvooruitsigte lyk belowend in areas soos Karen Park, Orchards, Chantelle, Rosslyn, Soshanguve, Amandasig, Heatherdale en Hestea Park.

“Daar is volop voorraad en ons het reeds ‘n voet in die deur. Ons bemark reeds twee ontwikkelings in die noordelike voorstede en vier van ons agente is reeds in die gebied werksaam – en ons het dus besluit dat dit tyd geword het om ‘n plaaslike kantoor te open.”

Die eerste ontwikkeling wat deur Chas Everitt bemark word, is in Rosslyn naby die BMW en Nissan voortuigaanlegte. Die bekostigbare N’kwe (luiperd) behuisingsprojek bied 841 huise met twee, drie of vier slaapkamers in ‘n omheinde landgoed. Sowat 600 eenhede is reeds van die hand gesit teen pryse van tussen R400 000 en R750 000.

Die ander ontwikkeling wat nou bemark word, is Summer Place in Winter’s Nest. Dit is gemik op kopers in die middelinkomsteklas en bied tweeslaapkamer deeltiteleenhede met afwerkings van goeie gehalte teen pryse wat by R550 000 begin.

Steyn se span gaan binnekort nog twee woonontwikkelings in die noordelike voorstede bemark. Die ontwikkelings gaan na verwagting in 2010 voltooi word.


Uitgreik deur Chas Everitt International

Vir nadere inligting:

Christo Steyn

012 369 9040 of besoek

www.everitt.co.za

 

Distributed by/ versprei deur
The Mega/ Press Network
Pse direct any enquiries to
012-333-6644,
073-946-9649 or
megw@telkomsa.net