Press Release - 24 August 2007

Eiendomsmark op Bronkhorstspruit gedy

Nuwe werksaamhede in die mynbou- en kragopwekkingsektore het die behuisingsmark in Bronkhorstspruit laat vlamvat en bekostigbare eiendom in diè area verkoop soos soetkoek.

Terselfdertyd het die feit dat die dorpie so naby aan Pretoria en Johannesburg geleë is – terwyl dit steeds sy landelike bekoring behou – die aandag van ontwikkelaars in die luukse woonmark gelok, sê Susan Muller, wie n’ nuwe Chas Everitt International-kantoor op die dorp geopen het.

“Die mark is baie lewendig. Ons het ons satellietkantoor geopen net voor die amptelike bekendstelling van die Misty Hills-ontwikkeling waar al 1056 eenhede binne ‘n week uitverkoop is – selfs nog voordat dit behoorlik bemark kon word.

Die ontwikkelaars was aanvanklik van plan om die ontwikkeling in fases vry te stel, maar vraag was so groot dat alle eenhede met een slag vrygestel is,” sê sy. Pryse vir die eenhede met drie slaapkamers en twee badkamers het tussen R479 000 en R539 000 gewissel.

Die nuwe kantoor is aangewys as ‘n geakkrediteerde bemarkingsagentskap deur die ontwikkelaar danksy die goeie vertoning wat dit tydens die stormloop gelewer het, sê Muller, wie ook die Chas Everitt International-kantore op Middelburg en Witbank bestuur.

Nog ‘n ontwikkeling wat baie belangstelling lok is Reverie-landgoed, wat die amptelike tuiste gaan word van die SA Lippizaners – die enigste perde van dié ras wat buite Wenen optree. Die ontwikkeling gaan ‘n binnehuise arena van internasionale standaard, ‘n wêreldklas poloveld, perderitpaadjies, ‘n 30-kamer lodge en konferensiegeriewe insluit.

Altesaam 133 boupakette vir eksklusiewe voltitel wonings met private tuine op 5000vkm erwe gaan teen pryse vanaf R2, 5m-aangebied word. ‘n Grensmuur van 2,1m gaan om die ontwikkeling gebou word en sekuriteit gaan verskerp word deur beheerde toegang en kameras wat deur beweging geaktiveer word.

Reverie gaan ook ‘n private landingstrook en 40 vliegtuigskure vir private vliegtuie bied. Die landgoed en sy lugvaartvennoot gaan self vyf vliegtuie besit en bestuur en vliegtuie sal tot inwoners se beskikking gestel word.

Meer

Chasbronk 2 laaste

Die ontwikkeling is naby aan die N4-hoofweg geleë, minder as 60km vanaf die OR Tambo-lughawe en binne 20 minute vanaf die Menlyn-sentrum in Pretoria-Oos.

Uitgereik deur Chas Everitt International
Vir nadere inligting:
Susan Muller
Chas Everitt Middelburg
013 282 5938
of besoek www.chaseveritt.com

Distributed by/ versprei deur The Mega/ Press Network
Pse direct any enquiries to 012-333-6644, megw@telkomsa.net