Press Release - 22 June 2009

Midrand se huurmark gedy – en beleggers wat dié gaping raakgesien het koop twee tot drie deeltiteleenehde op ‘n keer om te verhuur.

Dit is die nuus van Zakes Myeza, eienaar van die plaaslike Chas Everitt International-kantoor, wat daarop wys dat huisaankope sowel as nuwe ontwikkelings in die gebied afgeneem het in lyn met heersende toestande in die eiendomsmark.

“Verkope vind wel plaas in Midrand se meer bekostigbare gebiede, soos Vorna Valley, Noordwyk en Erand, waar eiendomme teen pryse van tussen R500 000 en R800 000 gekoop kan word. Eiendom met pryse van R750 000 tot R1,2m by Halfway Gardens en Kyalami Hills verkoop ook maar banke maak die lewe moeilik vir voornemende kopers.

“Die meeste mense wat nou kan bekostig om te koop kan dit net doen omdat hulle bestaande huise verkoop het of hulle is welgestelde mense wat genoeg kontant het om in die prysklas R1,6m tot R3,6m te koop.

“Die gevolg is dat die huurmark gedy, en beleggers trek voordeel uit die situasie. Hulle koop eenhede teen winskopiepryse en verhuur dit maklik teen R4000 tot R5500 per maand.”

Terselfdertyd verwag Myeza dat die reuse beplande Zonkizizwe-ontwikkeling vir gemengde gebruik naby Grand Central-lughawe voordele vir die plaaslike mark gaan inhou. “Dit gaan sekerlik nuwe werksgeleenthede skep, wat weer kopers na die plaaslike eiendomsmark gaan lok en so eiendomswaardes ‘n hupstoot gaan gee.

“Maar op die oomblik behoort mense wat dit kan bekostig om te koop hulle kanse te benut aangesien verkopers bereid is om oor pryse te onderhandel en kopers kan groot winskopies losslaan.”

 

UITGEREIK DEUR

CHAS EVERITT INTERNATIONAL

VIR NADERE INLIGTING:

ZAKES MYEZA

082 567 6399 OF BESOEK

www.everitt.co.za

Distributed by/ versprei deur
The Mega/ Press Network
Pse direct any enquiries to
012-333-6644,
073-946-9649 or
megw@telkomsa.net

No virus found in this incoming message.