Maar dis straks nie n goeie idee, sê Berry Everitt, besturende direkteur van die Chas Everitt International-eiendomnsgroep.
Hy skryf in die jongste uitgawe van die nuusbrief, Property Signposts, dat jou vriend as agent moontlik te beskaafd sal wees om reguit te sê wat jy moet doen om jou huis bemarkbaar te maak of om met jou oor die prys te verskil, al besef hy of sy dat dit glad nie markverwant is nie.
Aan die ander kant sal jou goeie maniere jou straks verhoed om jou vriend se verkoopsrekord goed onder oë te neem of miskien sal jy ter wille van jul vriendskap stilbly al dink jy hy of sy bied nie genoeg skoudae aan nie, adverteer te min, of gee nie genoeg terugvoering oor die vordering wat gemaak word nie.
En in albei gevalle gaan jul vriendskap daaronder ly as daar maande verloop sonder dat die eiendom verkoop word.
Julle sal albei beter daaraan toe wees, sê hy, as jy nie die professionele taak om jou huis te verkoop met jou persoonlike lewe laat inmeng nie en n onafhanklike agent aanstel wat objektief en eerlik met jou kan wees terwyl jy sonder skroom vir verwysings en n behoorlike bemarkingsplan kan vra.
Dit vergroot die kanse dat jy jou vriendskap gaan behou en van jou huis afstand gaan doen, eerder as andersom.
UITGEREIK DEUR CHAS EVERITT INTERNATIONAL
VIR NADERE INLIGTING:
BERRY EVERITT
011 801 2500 OF BESOEK
www.chaseveritt.com