Kampuseiendom
immergroen
Eiendom in die woonbuurte rondom Johannesburg se twee universiteite bly steeds gewild.
Dit is die mening van Heidi Bester, gebiedspesialis by Chas Erveritt International se Campus Square-kantoor in Melville.
Daar sal altyd kopers in dié mark wees danksy die sentrale ligging daarvan en met groeiende verkeersvolumes en stygende brandstofpryse begin al hoe meer kopers woonbuurte naby die middestad oorweeg, sê sy.
Buitensporige pryse in sommige buurte, soos Melville, onderdruk die mark effens, sê sy, omdat baie kopers nie op hoogte is met heersende marktoestande nie. Baie verkopers het in 2006 vasgesteek en vra tot 20% meer as wat die mark bereid is om te dra.
.Skakeleenhede met twee of drie slaapkamers is beskikbaar vanaf sowat R1m terwyl die meeste eenhede in die R1, 4m tot R1, 8m prysklas verhandel. Opgeknapte skakeleenhede kan pryse van tot R5m haal.
Pryse in die nabygeleë Aucklandpark wissel tussen R1, 1m en R3m terwyl erwe tussen 600vkm en 2000vkm wissel. R3m is genoeg vir n stewige gesinshuis op n groot erf en dit verteenwoordig uitstekende waarde, sê Bester.
Die beste beleggingsgeleenthede is egter in Triomf/Sophiatown langs Westdene. Gesinshuise in redelike toestand met drie slaapkamers kan steeds teen pryse so laag as R600 000 gekoop word. Huise in dié buurt is in die 1970s en 80s gebou en is baie stewig. Sulke eiendom bied uitstekende geleenthede vir groei in waarde, sê Bester.
Die mark word verder ondersteun deur beleggers wat studenteverblyf koop. Maandelikse huur wissel tussen R1300 en R2800 per kamer per maand, afhangende van ligging.
Bester sê eiendom in Brixton word toenemend in studenteverblyf omskep. Baie van die ouer eiendomme bied goeie geleenthede vir opknapping en die voorstad is beslis n kandidaat vir verdeftiging. Pryse vir klein drieslaapkamerhuise op erwe van sowat 500vkm begin by sowat R330 000.
UITGEREIK DEUR CHAS EVERITT INTERNATIONAL
VIR NADERE INLIGTING KONTAK:
HEIDI BESTER
082 558 3114 OF BESOEK
www.chaseveritt.com