Koop so eiendom van die plan af

Indien jy eiendom van die plan af koop of voordat jou huis gebou word, is die moontlikheid groot dat daar meer geldelike implikasies is as wanneer jy 'n bestaande huis koop.

Die eersie kwessie is die deposito. Dit is uiters belangrik se Berry Everitt. uirvoorende hoof van die Chas Everilt International-eiendomsgroep. dat jy nie 'n deposito vir 'n erf of huis wal van die plan af verkoop word, moet betaal of enigc ooreenkoms om so 'n eiendom te koop onderteken voordat jy nie die geloofsbriewe van die ontwikkelaar en/of bouer deeglik nagegaan het en seker gemaak het hulle gevestigde ondernemings met 'n bewyse rekord van voltooide en suksesvolle ontwikkelings het nie.

"Jy moet ook seker maak dal jou deposito slegs in die trustrekening van *n prokureur of geregistreerde eiendomsagant betaal word en nie in die bankrekening van die ontwikkelaar of bouer nie. Daar was die afgelope paar jaar al gans te veel voorvalle waar skyn eiendomsagente, bouers se agente en konstruksie maatskappye deposito's vir voorgestelde ontwikkelings ingepalm en spoorloos verdwyn het." Hy skryf in die nuusbrief. Property Signpost, dat die tweede faktor wat in gedagte gehou moet word, die feit is dat jy waarskynlik twee afsonderlike huislenings sal moet bekom, een om vir die erf te betaal en die tweede vir die struktuur, indien dit nie 'n deeltitel ontwikkehng is nie.

"Daar word dikwels na die tweede lening as 'n 'boulening' verwys en dit word gebruik om die boukontrakteur in paaiemente te betaal namate bouwerk volgens die standaarde van die finansiele instelling voltooi word.

"As koper sal jy egter elke paaiementbetaling moet goedkeur en die bank opdrag moet gee om te betaal. Dit bring mee dat jy 'n aansienlike mate van beheer het oor die manier waarop die werk voltooi word.

"Jy behoort die geleentheid te benut deur die bouperseel gereeld te besoek en vakmanskap na te gaan sodat enige probleme dadelik uitgestryk kan word en beslis voordat die bouer die laaste paaiement ontvang."

Boonop, se Berry, moet jy nooit intrek of vir die sleutels teken nie voordat jy 'n laaste deeglike inspeksie gedoen het en gesorg het dat die bouer skriftelik ondereem om enige gebreke te herstel.

"Laastens, as jy vir BTW geregistreer is of die eiendom in die naam van 'n BTW-geregistreerde onderneming koop, behoord jy jou rekenmeester te vra hoe om BTW-betalings vir die koop van die nuwe huis terug te eis."

Issued by Chas Everitt International For further information call Berry Everitt on 011 801 2500 or visit www.chaseveritt.com