Die Chas Everitt International-eiendomsgroep het sy teenwoordigheid aan KwaZulu-Natal se Suidkus uitgebrei met die opening van n nuwe kantoor in Shelley Beach.
Die nuwe kantoor in die South Coast Mall gaan kopers en verkopers langs een van die mees gewilde dele van die Hibiscus Coast bedien en onderstreep die groep se oortuiging dat die eiendomsmark in kusstreke besig is om te herstel.
Die konsessiehouer, Neville Collett, wat ook die Chas Everitt-kantoor in Margate besit, sê: Die Shelley Beach-area, wat Uvongo en St Michaels-on-Sea insluit, is natuurlik n top vakansiebestemming, veral vir besoekers wat hou van avontuursport soos diepsee hengel, ski, kayakvaarte, skubaduik op die beroemde Protea-riwwe, of die ongewone belewenis om tydens die jaarlikse aankoms van sardynskole saam met haaie, dolfyne en walvisse te swem.
Dit is nou ook die inkopiesentrum van die Suidkus en verskeie groot komplekse bied ook teaters, n wye verskeidenheid restaurante en ander vermaaklikheidsplekke. Dit is dus verstaanbaar dat heelwat nuwe woonontwikkelings net voor die resessie opgerig is en daar is nou n oorvoorsiening in die mark wat meebring dat daar uitstekende geleenthede vir kopers is.
Hy sê splinternuwe woonstelle met twee slaapkamers is byvoorbeeld nou beskikbaar teen net R575 000 terwyl dié met n uitsig oor die see sowat R620 000 kos. Nuwe deeltitel-simplekse en troshuise is beskikbaar teen pryse van tussen R750 000 en R800 000.
Erwe in veiligheidslandgoedere is beskikbaar teen pryse so laag asR300 000 min of meer dieselfde prys as drie jaar gelede.
Gevestigde huise met drie slaapkamers en twee badkamers verkoop teen sowat R730 000 en daar is talle stewige gesinshuise met vier slaapkamers, swembaddens en selfs afsonderlike kothuise beskikbaar vir minder as R1m.
In die luukse mark is gastehuise en spogerige wonings te koop teen pryse van tussen R3m en R4m en selfs n lodge met 36 kamers vir slegs R11m.
Collett wys egter daarop dat die gety besig is om te draai beleggers het reeds begin besef dat die beste kopies in gewilde strandgebiede te vind is, nie net omdat pryse hier op die oomblik laag is nie, maar omdat vooruitsigte vir waardetoename uitstekend is aangesien grond in kusgebiede al hoe skaarser word.
Chas Everitt International se verkoopsdirekteur Barry Davies sê die Shelley Beach-kantoor is die eerste van verskeie in KwaZulu-Natal wat vir die komende jaar beplan word. Die afgelope twee jaar was n uitdagende tydperk vir die eiendomsmark in dié streek maar die mark is besig om te verbeter en ons beplan om daartoe by te dra deur huiseienaars hier toegang te bied tot ons wêreldklas bemarkingskundigheid.
UITGEREIK DEUR CHAS EVERITT INTERNATIONAL
VIR NADERE INLIGTING:
NEVILLE COLLETT
039 312 2303 OF BESOEK
www.chaseveritt.com