Eiendomstaatmaker Shanaz Sity-Herskovitz van Constantia is pas aangewys as die Chas Everitt International-eiendomsgroep se nasionale Top Agent in ‘n metro-gebied vir die afgelope jaar.
Sy het ook die toekenning as die Top Agent vir die Wes-Kaap ingepalm – vir die derde keer sedert sy in 2003 by die groep aangesluit het – en dit het nie haar kanse benadeel dat sy self sedert 1989 in Constantia woon en dat sy ‘n “baie sosiale persoon” is met talle vriende en ‘n uitgebreide netwerk kontakte nie.
“Maar,” sê Berry Everitt, uitvoerende hoof van Chas Everitt International, “wat Shanaz regtig die afgelope jaar laat uittroon het, is haar deursettingsvermoë, toewyding, moed en harde werk. Dié kenmerke het haar gehelp om talle transaksies in ‘n trae mark te beklink en ‘n uitstekende voorbeeld vir ander agente in die groep te stel.”
Sity-Herskovitz is in Kaapstad gebore en het na Johannesburg verhuis vir haar eerste werk in die finansiële afdeling van Burhose SA. ‘n Paar jaar later het sy na Kaapstad teruggekeer en by die Harmony-groep en The Leisure Corporation aangesluit en ook ‘n para-regskwalifikasie in eiendomsoordrag bekom.
Sy het in 1999 tot die residensiële eiendomsbedryf toegetree en by twee ander groot eiendomsgroepe gewerk voordat sy by Chas Everitt International aangesluit het. “Daarna het ek nooit weer omgekyk nie,” sê sy.
As die groep se top presteerder in die Wes-Kaap in 2004, 2005 en weer verlede jaar, is sy ook deur die Property-tydskrif as een van die mees vooraanstaande vroue in die eiendomsbedryf aangewys. In 2006 was sy ook ‘n finalis vir die Nedbank Property Professional of the Year-toekenning.
Haar prestasies die afgelope paar maande sluit in die verkoop van vier eiendomme in Constantia binne die bestek van vyf weke, insluitende ‘n huis in ‘n omheinde landgoed waar talle top sportpersoonlikhede woon teen ‘n prys van R8,4m. Maar, sê sy, die “syfers” is nie so belangrik soos die vertroue en respek van haar kliënte nie.

“Dit is ook ‘n groot eer om toekennings te verower en erkenning van jou mede-agente te kry,” sê sy, “maar dit bly vir my die heel lekkerste om bedankingsbriefies van tevrede kopers of verkopers te kry wat gelukkig in hulle nuwe tuistes is.”
UITGEREIK DEUR CHAS EVERITT
VIR NADERE INLIGTING:
SHANAZ SITY-HERSKOVITZ
021 712 7002 OF BESOEK
Distributed by/ versprei deur
The Mega/ Press Network
Pse direct any enquiries to
012-333-6644,
073-946-9649 or
megw@telkomsa.net