Bykans 20 erwe is reeds by die Silver Valley-ontwikkeling in Krugersdorp verkoop – pas nadat die landgoed amptelik bekend gestel is.
Dit is die nuus van Estelle Marais, verkoopsbestuurder van die plaaslike Chas Everitt International-franchise wat die mandaat bekom het om die ontwikkeling te bemark. “Die erwe en huise in dié landgoed het billike pryse en bied goeie waarde vir geld. Dit is ‘n stylvolle ontwikkeling wat ondanks die resessie baie belangstelling lok aangesien daar nie baie ontwikkelings is wat so ‘n hoë lewenstandaard vir minder as R2m bied nie,” sê sy.
“Die ontwikkeling se ligging dra grootliks by tot die gewildheid daarvan. Dit is naby aan alle belangrike geriewe soos die Silverstar Casino, N14 snelweg en botaniese tuine en is in die geheel gesien ‘n area wat belofte inhou. Nogtans is dit weg uit die stad se gedruis met ‘n landelike atmosfeer.”
Silver Lakes is aan weerskante van die Krokodilrivier geleë en bied erwe van tussen 500vkm en 800vkm. Pryse van erwe begin by R389 000 en boupakette by R1,5m. Huise met onderskeidelik een, twee en drie slaapkamers is beskikbaar en die meeste bied huisvesting vir bediendes en ‘n dubbel motorhuis.
Argitektoniese riglyne is opgestel vir kopers wat hulle eie huise wil bou om ‘n mate van eenvormigheid te verseker en waarde te beskerm en kopers sal twee jaar grasie kry om huise te voltooi nadat erwe in hulle naam geregistreer is.
Marais sê voorts dat Silver Lakes op dieselfde lees as Featherbrook-landgoed geskoei is, hoewel op effens kleiner skaal. “Soos Featherbrooke gaan Silver Lakes ook gekenmerk word deur groen oop ruimtes, wandelpaaie en ‘n rivierfront.
“Die landgoed se paaie is reeds voltooi, straatligte is aangebring en die basiese tuinuitleg is byna voltooi. Sekuriteitsprotokol sal van die hoogste standaard wees en ‘n waghuis, elektriese heinings, ‘n 24-uur wag en kameras is reeds in plek.
Uitgereik deur Chas Everitt International
Vir nadere inligting:
Estelle Marais
011 472 2200 of besoek
Distributed by/ versprei deur
The Mega/ Press Network
Pse direct any enquiries to
012-333-6644,
073-946-9649 or
megw@telkomsa.net