Ondanks die verstadiging in die eiendomsmark het die Chas Everitt-span in Cape St Francis die afgelope paar weke twee nuwe lede bygekry.
Die eerste nuwe agent is Denise Pearson, ‘n voormalige rekenaarbedryfspesialis uit Johannesburg wat die afgelope vier jaar in Cape St Francis gewoon en gewerk het. Sy behartig nou die agentskap se huurportefeulje en koördineer verwante dienste wat aan huisbase gebied word.
Die vraag na vakansiehuise sowel as permanente huurhuise is sterk, sê sy, met vakansie-eenhede wat vir tot R2500 per dag verhuur word.
Die tweede nuwe spanlid is die gesoute agent, Cassie Lotter, wat as melkboer vir die afgelope drie dekades sy kennis benut en in die verkoop van landbou-eenhede spesialiseer. Hy sê hy het by Chas Everitt aangesluit om sy blootstelling te verbreed en hy beoog om Chas Everitt se aandeel in dié sektor van die mark bo die 60% wat die kantoor verlede jaar behaal het, te lig.
“En oor die afgelope paar weke was daar ‘n beduidende toename in die aantal navrae vir plaasgrond. Baie kopers soek na ‘leefstyl-eiendomme’ waar hulle ‘n hele paar huise kan bou om twee of drie gesinne te huisves en waar hulle groentetuine kan aanlê. Plase van sowat 50ha is nou baie gewild terwyl wildsplase van tussen 800 en 1000ha ook aftrek kry.”
Lotter sê egter dat die meeste voornemende kopers eiendom soek teen pryse van sowat R2,5m en dat sulke eiendom ongelukkig baie skaars is. Verkope is dus nie ‘n ware weerspieëling van die heersende vraag nie.
Terselfdertyd sê John Cooper, eienaar van die agentskap, dat vraag na eiendom in die prysklas tussen R600 000 en R1,5m ook redelik sterk is, terwyl luukse huise met pryse van bo R4m nie veel aftrek kry nie. Kopers uit Gauteng, en veral Pretoria, en Suid-Afrikaners in die Verenigde Koninkryk is op die oomblik die meeste aktief en baie van die kopers bied kontant aan, sê hy.
UITGEREIK DEUR CHAS EVERITT
VIR NADERE INLIGTING:
JOHN COOPER
042 298 0260 OF BESOEK