Verskerpte vraag na huureiendom in Johannesburg se noorde
Vraag na huureenhede in Johannesburg se noordelike en noord-westelike voorstede het dramaties toegeneem sedert die begin van die jaar.
Chas Everitt International se huurbestuurder vir die gebied, Shirley Tolstrup, sê die syfer vir die eerste helfte van die jaar was reeds 50% hoër as die syfer vir die hele jaar laas jaar - en vraag verlede jaar was dubbel die vraag in 2006.
“In 2006 was ons huurafdeling redelik beperk en verlede jaar was ons verplig om dit uit te brei om aan vraag te voldoen. On verhurings vir die gebied is nou groter as ooit en groei steeds. Ons bepaln dus verdere uitbreidings aan die afdeling.”
Sy sê huurders is op soek na eiendom in alle prysklasse maar dat eiendom van tussen R6000 en R12 000 per maand die gewildste is. “Daar is ‘n paar eiendomme beskikbaar in die laer prysklasse terwyl daar in gebiede soos Bryanston ook vraag van korporatiewe kliënte is in die prysklas van tot R40 000 per maand.
“Eenhede in die Eagle Canyon gholflandgoed in Randburg Ridge is ook baie gewild, selfs teen maandelikse huurgeld van tussen R15 000 en R25 000.”
Tolstrup sê verder dat die meeste huurders nuwe intrekkers in Johannesburg is en dat baie van hulle daarheen verplaas is. “Hoë rentekoerse en die uitwerking van die Nasionale Kredietwet maak dit vir hulle makliker – en goedkoper – om te huur eerder as om eiendom te koop.
“Dit is inderwaarheid nou ‘n redelik aantreklike opsie om te huur. Dit is steeds goedkoper as die gemiddelde tien persent van markwaarde waarna beleggers in die huurmark streef.
“Daar is goeie voorraad in die mark danksy eienaars wat na ander dele van die land of oorsee verhuis en wat nie vinnig kan verkoop nie. Hulle stel dan hulle eiendom vir verhuring beskikbaar,” sê Tolstrup.
Uitgereik deur Chas Everitt International
Vir nadere inligting:
Shirley Tolstrup
011 801 2500 of besoek