Volg rykes se voorbeeld vir welvaart …

Die jongste World Wealth Report toon dat welvarede mense oortuig is dat dit nou ‘n goeie tyd is om in eiendom te belê.

Die verslag, wat jaarliks deur die firma Capgemini (www.capgemini.com) en private welvaartbestuurder Merril Lynch Wealth Management opgestel word, hou tred met die geldsake van die wêreld se miljoenêrs en kyk hoe hulle hul fortuine maak.

Vanjaar se uitgawe, sê Berry Everitt, besturende direkteur van die Chas Everitt International-eiendomsgroep, toon dat mense met hoë netto waarde (MHNW) hul belegging in eiendom vergroot. Die persentasie van hul gesamentlike globale rykdom wat in eiendom belê is het verlede jaar tot 19% gestyg, heelwat hoër as die 14% laagtepunt in 2007.

“Boonop toon die verslag dat die wêreld se miljoenêrs se algehele rykdom in 2010 ondanks die moeilike ekonokiese klimaat met bykans 10% toegeneem het, in teenstelling met die wêreld se BBP, wat volgens die Internasionale Monetêre Fonds met net meer as 5% toegeneem het – wat daarop dui dat MHNWs klaarblyklik iéts reg doen.”

Asië is volgens Capgemini die streek met die meeste miljoenêrs (altesaam 3,3m). MHNWs in die streek was die afgelope twee jaar veral aggresief in hul benadering tot eiendomsbelegging met die oog op opbrengste. Eiendom het aan die einde van 2009 28% en aan die einde van verlede jaar 31% van hul gemiddelde portefeulje verteenwoordig.

Dié gewildheid van eiendom, sê Everitt, is veral sigbaar in China waar BBP vinnig toeneem en het ‘n aansienlike bydrae gelewer tot ‘n vinnige toename in die aantal miljoenêrs in daardie land. Hulle saamgestelde rykdom kom nou op sowat $10,8 triljoen te staan – en plaas hulle tweede op die ranglys na MHNWs in Noord-Amerika, wie algehele rykdom $11,8-triljoen verteenwoordig.

Die Hrun-verslag, wat die toename in welvaart spesifiek in China meet, sê boonop dat die gemiddelde ouderdom van Chinese miljoenêrs net 39 is – ‘n goeie 15 jaar jonger as miljoenêrs in Westerse lande – en dat sowat een derde van hulle vroue is.

“Dit berei beslis die weg na groter eiendomsbelegging in Afrika, wat verlede jaar die grootste streekstoename (11%) in die aantal miljoenêrs ervaar het en wat BBP na verwagting oor die volgende 10 jaar gaan verdubbel.”

ISSUED BY CHAS EVERITT INTERNATIONAL
FOR FURTHER INFORMATION CALL
BERRY EVERITT ON
011-801-2500 OR VISIT
www.chaseveritt.com