Gonubie se eiendomsmark bedrywig
Gonubie, die gewilde kusstreek net n paar kilometers vanaf Oos-London, bars uit sy nate danksy nuwe eiendomsontwikkeling.
Gebiedspesialis Willem du Preez van die plaaslike Chas Everitt International-kantoor wat reeds die afgelope 33 jaar in Gonubie woon, sê die gebied trek nou voordeel uit hernieude aktiwiteit in byna alle eiendomsektore.
Behuising in alle sektore is in groot aanvraag en dit wakker nuwe ontwikkeling en groei in pryse aan. Beleggers is baie aktief in die mark en verwag uitstekende opbrengste. Eenhede in nuwe sekuriteitsontwikkelings word vanaf R1, 8m verkoop, maar daar is nog n paar winskope.
Ons het byvoorbeeld n netjiese dubbelverdieping meenthuis met drie groot slaapkamers, n private tuin en braai-area naby die strand op ons boeke vir slegs R885 000. Nog n winskoop is n nuwe vyf-slaapkamerhuis aan die rivieroewer vir R1, 8m. Die rivieroewer is baie gewild en erwe hier verkoop vir meer as R1m.
Pryse vir woonstelle is gemiddeld R1, 1m en beleggers kan maandelikse huurinkomste van tussen R1000 en R3500 verwag, afhangende van ligging en uitsig.
Du Preez sê Gonubie is steeds n gewilde vakansieplek maar lok nou toenemend permanente inwoners van gebiede soos Gauteng en die Vrystaat. Gonubie het n uitstekende infrastruktuur en ons blouvlagstrand is van die mooiste en veiligste langs dié kusstrook.
Die lewendige residensiële mark het gelei tot nuwe ontwikkeling in die kleinhandelsektor en die jongste winkelsentrum gaan na verwagting sy deure voor Kersfees open. n Nuwe staatshoërskool word ook nou gebou om vir die groeiende aantal permanente inwoners met skoolgaande kinders voorsiening te maak. Die skool gaan na verwagting binne die volgende drie maande voltooi word.
Du Preez sê verskeie uitstekende private skole in en om Gonubie is n verdere aansporing vir kopers wat hulle in die gebied wil vestig. Die feit dat geen nywerheidsontwikkeling vir Gonubie beplan word nie is ook n aansporing vir kopers wat n rustige leefstyl aan die kus soek.
Meer
Chasgonubie 2 laaste
Gonubie lok ook steeds afgetredenes. Verskeie aftree-oorde bied eenhede vanaf R800 000 tot R1, 5m maar, sê Du Preez, eenhede is baie sterk in aanvraag en word binne enkele weke opgeraap wanneer dit bemark word.
Uitgereik deur Chas Everitt International
Vir nadere inligting: Willem du Preez
Chas Everitt Oos-Londen
043 748 1900
of besoek www.ChasEveritt.com