Andre van der Merwe, wat onlangs die Chas Everitt International-konsessie in Benoni van Patsy Pretorius bekom het, sê: Een rede vir die algemene bestendigheid van ons woonmark is daar n wye keuse eiendom is wat in alle soorte voornemende kopers se smaak sal val van beginnerseiendom teen sowat R400 000 tot luukse huise in eksklusiewe landgoedere van tot R10m.
Nog n groot aantrekkingskrag is die feit dat Benoni verskeie bekende private sowel as staatskole in sy voorstede bied, soos St Dunstans College, Ashton College, Brandwag Hoër en Benoni High. Baie van die navrae wat ons van elders kry is inderdaad vir huise naby aan een of ander van dié skole.
Boonop het die dorp uitstekende inkopiegeriewe, insluitend Lakeside Mall en Northmead Square, drie gholfbane, die Rynfield-dam wat gewild is onder booteienaars en Homstead-meer in Farramere waar n seiljagklub gesetel is.
Van der Merwe, wat in Benoni gebore en getoë is, sê die grootste beweging in die mark op die oomblik sluit in opknapping van ouer voorstede danksy jong gesinne wat groter huise verlang en bereid is om ouer huise op te knap; asook aansienlike aktiwiteit onder beleggers en jong kopers wat alles wat na winskopies lyk opraap soms binne twee weke nadat eiendom gelys word.
Van der Merwe, wat in 1986 n rekenkundige praktyk in Benoni begin het, het sy werksaamhede gou uitgebrei en begin om handelseiendom te koop, te herontwikkel en te verkoop en het waardevolle ervaring as n ontwikkelaar en eienaar van huureiendomme opgebou.
In 2001 het hy sy aandeelhouding in die rekenkundige praktyk verkoop en hom voltyds op eiendom toegespits. En die feit dat ek n wye netwerk sakegenote in Benoni opgebou en n goeie begrip van die plaaslike eiendomsektor het, het die bemarking van eiendom die ooglopende keuse gemaak.
Ek het ook my besluit om die Chas Everitt-konsessie te bekom versigtig oorweeg en ek glo dit sal my in staat stel om die beste voordeel uit my plaaslike kennis te haal en dit namens kliënte in te span danksy die groep se indrukwekkende reeks bemarkingskanale en die verbintenis tot uitstaande tegnologie wat produktiewe tyd vermeerder omdat administrasie vergemaklik word.
Chas Everitt se direkteur van konsessies, Barry Davies, sê: Die Oos-Rand is n sleutelgebied vir die groep en Benoni is n gebied waar ons graag ons markaandeel wil vergroot. Andre het n stewige baanrekord in besigheid, kundigheid in eiendom danksy sy jarelange ervaring in belegging en ontwikkeling, sowel as hope energie en n vars benadering ek is oortuig daarvan dat hy n groot indruk in die mark en n waardevolle bydrae tot die Chas Everitt-familie gaan maak.
Uitgereik deur Chas Everitt International
Vir nadere inligting:
Barry Davies
011 801 2500 of
Andre van der Merwe
082 563 4880 of besoek
www.chaseveritt.com