Press Release - 06 August 2008

Bakoven – die nuwe Clifton?

Bakoven toon tekens dat dit Clifton kan uitstof as die mees gewilde woonbuurt aan die Suid-Afrikaanse kus.

Die gebied, wat langs Kampsbaai geleë is, spog reeds met pryse wat met dié van Clifton vergelyk – maar kopers ontdek nou ander voordele wat dit moontlik bo Clifton kan laat uittroon..

“Bakoven vergelyk goed met Cilfton en eiendom is ook soortgelyk,” sê Alan Meyer, gebiedspesialis vir Chas Everitt International “maar Bakoven bied ander voordele, veral ten opsigte van privaatheid.”

Net soos in Clifton word die woonbuurt deur losstaande huise getipeer. Maar die gebied is baie meer afgesonder en baie eiendomme front aan klein private strandjies wat nie dikwels deur vakansiegangers benut word nie in teenstelling met die groot getalle wat na Clifton se strande stroom.

“Bakoven is inderdaad so privaat dat baie inwoners voel dat hulle toegang tot hulle eie private strande het.”

Maar privaatheid is nie die enigste faktor wat in Bakoven se guns tel nie. Die buurt is op gesinne gerig en baie nader aan die belangrikste geriewe, sê Meyer. “Waar inwoners van Clifton verder moet ry na sentrale winkelgebiede, is inwoners van Bakoven net ‘n klipgooi weg van al die geriewe wat Kampsbaai bied.

“Parkering is ook geredelik beskikbaar in Bakoven in teenstelling met Clifton waar ‘n motorhuis of parkeerplek ‘n eiendom se prys skerp laat styg. Steil trappe – ‘n kenmerk in Clifton – is ook nie so algemeen in Bakoven nie.”

Dit lyk nou asof kopers al dié voordele begin ontdek en eiendomme met pryse van tot R20m vind byval onder buitelandse sowel as plaaslike kopers. “Dis natuurlik nou die regte tyd om te koop,” sê Meyer, “aangesien huise wat nou opgeknap word in die toekoms toppryse kan haal.”

Uitgereik deur Chas Everitt International

Vir nadere inligting:

Alan Meyer

021 438 3883

of besoek www.chaseveritt.com

 

Distributed by/ versprei deur
The Mega/ Press Network
Pse direct any enquiries to
012-333-6644,
073-946-9649 or
megw@telkomsa.net