Jy is verplaas en moet dringend jou huis verkoop – hoe nou gemaak?
Wel, sê Berry Everitt, uitvoerende hoof van die Chas Everitt International eiendomsgroep, dit is steeds goeie raad om jou huis in enige mark op sy beste te laat vertoon.
“Maar dit is ook waar dat jy jou huis se markwaarde in ag moet neem in ‘n mark waar pryse laer neig en kopers skaars is voordat jy duur herstel- of opknapwerk aanpak in ‘n poging om kopers te lok.”
In die heersende mark, sê hy, kan dit ‘n fout wees om te veel geld aan opknapping te bestee as jy dit nie by verkoop kan verhaal nie – of die risiko loop om jou eiendom uit die mark te prys.
Hy skyf in die nuusbrief, Property Signposts: “Die beste raad is om objektief na jou huis te kyk of iemand te vra wat jou ‘n eerlike mening gaan gee. As jy gesorg het dat onderhoud gereeld gedoen is, mag net ‘n nuwe laag verf en algemene opruiming nodig wees.
“Maar as meer uitgebreide opknapping gedoen moet word, soos om stukkende muurteëls of verslete matte te vervang, behoort jy ‘n lys van al die nodige projekte te maak en dan ‘n begroting uit te werk. Onthou, jou doel is om die eiendom op te knap, nie om dit te herontwerp of te herbou nie.”
‘n Skoon huis waar alles werk is straks ‘n beter advertensie as ‘n nuwe badkamer of ‘n byderwetse kombuis, sê Everitt.
“Maak byvoorbeeld seker dat alle ligskakelaars, deurhandvatsels en slotte, en toebehore in die kombuis en badkamer in goeie werkende toestand is. Maak krane wat drup reg en maak seker dat die besproeiingstelsel in die tuin werk. Dié soort aandag aan kleiner dingetjies sal kopers gewoonlik beïndruk – en sal ook beteken dat hulle geen verskoning het om oor jou prys te kibbel nie.”
Uitgereik deur Chas Everitt International
Vir nadere inligting:
Berry Everitt
011 801 2500 of besoek