Press Release - 02 July 2008

Kies sò ‘n etiese eiendomsmaatskappy

Opleiding in die eiendomsbedryf  kom reeds ‘n lang pad en sake-etiek word nou wyd as‘n kernwaarde beskou, marr kandidaat-agente wat suksesvolle en produktiewe agente wil word en wat terseldertyd hoë etiese standaarde wil handhaaf sal nog ‘n bietjie dieper as die oppervlak moet kyk wanneer hulle besluit by watter maatskappy hulle wil aansluit.

Dis die mening van Barry Davies, Chas Everitt International se uitvoerende hoof van konsessieregte, wat sê: ”Die meeste praktisyns in die bedryf beweer beslis dat hulle gesonde sake-etiek streng navolg – en ‘n mens sou kwalik iets anders verwag – maar kandidate mag dit moeilik vind om uit ‘n visie- en missiestelling af te lei of ‘n sekere maatskappy aan hulle standaarde gaan voldoen.”

Eiendomsgroepe wat waardes as belangrik beskou behoort ‘n program te hê wat net so omsigtig soos hulle bemarkingsprogramme saamgestel is,” sê hy.

Hy raai ook enigeen wat die bedryf wil betree om maatskappye te vra hoe hulle waardes toegepas word en wat gedoen word om dit te bevorder.

“Baie maatskappye se woordvoerders sal nie ‘n benul hê hoe om so ‘n vraag tydens ‘n werksonderhoud te antwoord nie. En terwyl dit nie noodwendig ‘n refleksie op hulle eie etiese standaarde mag werp nie, is dit beslis ‘n aanduiding dat die besondere maatskappy se verbintenis tot die waardes wat hulle na bewering navolg nie juis indrukwekkend is nie.

“Twee eenvoudige vrae sal gou toon hoe verbind hulle tot hulle gestelde waardes is. Die eerste is hoeveel tyd en bronne word aangewend om agente in die nodige vaardighede en metodes op te lei om suksesvolle agente te word. Die tweede vraag is hoeveel tyde en bronne word bestee aan die bevordering van die maatskappy se gestelde waardes en die belangrikheid van etiese optrede.”

Hy sê ten slotte dat indien ‘n maatskappy nie veel tyd aan die bespreking en inskerping van etiese kwessies bestee nie, “is die kanse goed dat die verbintenis nie veel verder strek as ‘n mooi geraamde stelling teen die kantoormuur nie”.

Uitgereik deur Chas Everitt

Vir nadere inligting:

Barry Davies

011 891 2500 of besoek

www.chaseveritt.com

Distributed by/ versprei deur
The Mega/ Press Network
Pse direct any enquiries to
012-333-6644,
073-946-9649 or
megw@telkomsa.net