Eiendom: wanneer is huur beter as koop?
Eiendomsbesit word toenemend moontlik vir al hoe meer Suid-Afrikaners maar soms is dit beter om eiendom te huur as te koop.
Dit is die mening van Berry Everitt, besturende direkteur van die Chas Everitt International-eiendomsgroep. Vir n voornemende koper wat byvoorbeeld kontrakwerk doen en waarskynlik binne n jaar of twee gaan verhuis, maak dit meer finansiële sin om te huur eerder as om te koop.
Selfs vinnige stygings in die waarde van eiendom sal waarskynlik nie genoeg waardevermeerdering in so n kort tydperk toevoeg om die onopsigtelike kostes verbonde aan die vinnige verkoop van n eiendom te dek nie.
Aan die ander kant is dit dalk n goeie belegging vir mense wat om werksredes baie moet rondtrek om iewers n eiendom te koop en as n belegging te hou nie noodwendig op die plek waar hulle op die oomblik werk nie.
Dit kan meebring dat hulle huurders moet kry, maar dit beteken dat hulle n voet op die eiendomsleer het wanneer hulle eendag nie meer rondswerf nie.
Terselfdertyd is dit dalk ook beter om n huis te huur eerder as te koop as die transaksie te veel druk op jou begroting gaan plaas.
Everitt skryf in die nuusbrief, Property Signposts, dat sulke kopers hulle begroting moet toets deur n paar maande lank n eiendom te huur en te kyk of hulle begroting klop as hulle die terugbetaling van n huislening in berekening bring. As dit sonder te veel probleme uitwerk, is die tyd ryp om jou eie eiendom te koop.
Laastens sê hy paartjies wat n stormagtige verhouding het, moet ook goed dink voordat hulle saam eiendom koop aangesien gesamentlike eienaarskap n egskeiding of beïndiging van n verhouding baie kompliseer.
Uitgereik deur Chas Everitt International
Vir nadere inligting:
Berry Everitt
011 801 2500
of besoek www.chaseveritt.com
Distributed by/ versprei deur
The Mega/ Press Network
Pse direct any enquiries to
012-333-6644,
megw@telkomsa.net